Byvoeglike naamwoord

Voorbeelde

'n Byvoeglike naamwoord is 'n beskrywende woord.

  • Dit is 'n groot gebou.
  • Ek het 'n baie ou man ontmoet.
  • Die vinnige bruin jakkals spring oor die lui hond.
  • Die meeste ape is boombewonende diere wat in tropiese of subtropiese gebiede voorkom.
  • Dit is 'n baie mooi rokkie wat jy dra.

'n Byvoeglike naamwoord is 'n woord wat behoort aan 'n klas waarvan die lede selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde aanpas. 'n Byvoeglike naamwoord spesifiseer naamlik eienskappe of attribute van 'n selfstandige naamwoord of voornaamwoord.[1] Byvoeglike naamwoorde is een van die agt tradisionele woordsoorte. Taalkundiges onderskei egter vandag tussen byvoeglike naamwoorde en woorde soos bepalers wat te vore as byvoeglike naamwoorde gesien is.

Nie alle tale het byvoeglike naamwoorde nie, maar die meeste, insluitend Afrikaans, het. Voorbeelde van Afrikaanse byvoeglike naamwoord sluit in groot, oud, en moeg. Tale wat nie oor byvoeglike naamwoord beskik nie gebruik ander woordsoorte, baiekeer werkwoorde, om dieselfde semantiese doel te bereik. Selfs in tale wat byvoeglike naamwoorde het, kan 'n konsep wat in een taal daarmee uitgedruk word in 'n ander taal ontbreek en op 'n ander manier oorgedra word; soos byvoorbeeld die konsep honger wat in Afrikaans 'n byvoeglike naamwoord is (die honger man, ek is honger) word in Frans as "avoir faim" (letterlik "om honger te hê") uitgedruk.

In die meeste tale met byvoeglike naamwoorde vorm die woordsoort 'n oop klas; dit wil sê dat nuwe byvoeglike naamwoorde geredelik gevorm kan word deur prosesse soos afleiding.

  1. SIL International, Glossary of linguistic terms, What is an adjective? Geargiveer 1 April 2008 op Wayback Machine, besoek op 30 Maart 2008

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search